Gallery
GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Verlede Vrydag was Groot-Brakrivier Primêr se skoolsaal die ene entrepreneurs!
Die ekonomiese en bestuurswetenskappe-onderwyser, juffrou Chevonne-Lynne Ayford, en die gr. 7-leerders het op 12 September ’n baie suksesvolle entrepreneursdag aangebied.
Die skool sê die dag is gekenmerk deur entoesiasme en waardevolle leerervarings.
Ayford het haar opregte dank aan die ouers, die publiek, en haar gr. 7-kollegas uitgespreek vir hul ondersteuning met die reëlings en hulp aan die leerders gedurende die dag.
“Die leerders het belangrike insigte gekry oor wat dit beteken om ’n klein besigheid te beplan en te bestuur en het die uitdagings en opwinding van entrepreneurskap op ’n praktiese en betrokke wyse ervaar. Mag elke hand wat mildelik gegee, voorberei en gekoop het, geseën word!” sê die skool.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’