MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-besigheidskamer het gisteraand, 7 Desember tydens ‘n besonderse geselligheid die wenners in verskillende kategorieë van hul jaarlikse toekenningsgeleentheid, aangekondig.
Die wenners, is soos volg:
- Entrepreneur van die jaar – Linda Becker (Coffee aand Laughs);
- Klein besigheid van die jaar – Riaan Jordaan Marketing;
- Medium-grootte besigheid van die jaar – Bahia Blue Restaurant (Emile Nel);
- Groot besigheid van die jaar – Jakkalsvlei Wynplaas (Jantjie Jonker) en
- Sakepersoon van die jaar – Shirley Schmidt (Afrishore).
Die besigheidskamer het vanjaar vir die eerste keer meriete-toekennings gegee aan persone wat as ambassadeurs vir Mosselbaai optree om sakegeleenthede en die plaaslike ekonomie te bevorder.
Hierdie toekennings is gegee aan televisie-persoonlikheid, Gerrie Pretorius (Leef Jou Reis) en plaaslike sakevroue Lorette Grobbelaar en Marlene Smuts gegee.
Grobbelaar en Smuts is onderskeidelik bekroon deur die South African Council for Business Women (SACBW) vir die beste SACBW-tak en sakevrou van die jaar in Suid-Afrika.
Uitvoerende burgemeester van Mosselbaai, raadsheer Dirk Kotze, Jantjie Jonker (Jakkalsvlei Wynplaas - besigheid van die jaar) en Albert Wiffen (voorsitter - Mosselbaai Besigheidskamer).
Kategoriewenners - Jantjie Jonker (Jakkalsvlei Wynplaas), Shirley Schmidt (Afrishore), raadsheer Dirk Kotze (uitvoerende burgemeester), Linda Bekcer (Coffee and Laughs), Riaan Jordaan (Riaan Jordaan Marketing), EMile Nel (Bahia Bleu Restaurant) en Alberr Wiffen (voorsitter - Mosselbaai Besigheidskamer).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'