MOSSELBAAI NUUS - Berenice Kogana, stigter en voorsitter van die Myrtle Tree NPO in Mosselbaai, is in September deur Voelgoed Media as een van die top 15 inspirerende vroue in Suid-Afrika aangewys.
Die Myrtle Tree NPO sorg vir die behoeftes van enkelmoeders.
Kogana is ook 'n skrywer en gasvrou op Eden FM, en doen jaarlikse vrouekonferensies om vroue te bemagtig.
Uit 1 000 nominasies is Kogana die enigste vrou van die Tuinroete wat die top 15 ge-maak het.
Die wenner sal op Saterdag 8 November by die Pienk Tapyt Inspirasievrou-toekennings in Pretoria aangekondig word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’