MOSSELBAAI NUUS - Benevolent Park tehuis vir bejaardes se jaarlikse basaar vind op Saterdag, 22 April vanaf 08:30 op hulle perseel plaas. Almal is welkom en aangesien dié geleentheid baie gewild is, word basaargangers aangemoeding om vroeg te gaan om teleurstelling te voorkom.
Saterdag se basaar word voorafgegaan met die heerlikste watertand-etes wat die Vrydagmiddag, 21 April reeds vanaf 17:00 gekoop kan word.
Hierdie etes sluit kerrie en rys, heerlike rotis, samosas, smullekker bief-roerbraai (stir fry) en groente, sop, beesstertpotjie, roosterbrood met gebraaide wors, heelike braaivleis en slaaie asook smaaklike vis en skyfies in.
Alles tradisioneel aan 'n basaar sal tydens Saterdag se verrigting daar wees. Groot gunstelinge by die kostafel is kerrievis, viskoekies, hoenderpasteie en vetkoeke. Dan sal daar ook pannekoek, tee/koffie en skons in die tuin wees.
Moenie die basaarpoeding, heerlike koeke en terte, koeksisters, doughnuts en tuisgemaakte konfyt vergeet nie.
Basaargangers word ook aangemoedig om 'n draai by die witolifant-tafel, die naaldwerktafel met pragtige en handgemaakte naaldwerk en die kunstafel te maak en ook nie uit te mis in die pret by die tombola-tafel nie.
Die ondersteuning van die publiek sal hoog op prys gestel word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’