GROOT BRAKRIVIER NUUS - Child Welfare SA Groot-Brakrivier bied die Anti Bullying Show aan op Vrydag, 30 August om 19:00.
Die geleentheid vind in die Tabitha Kruger-saal by Groot-Brakrivier Primêre Skool plaas.
Kom sien D.O.E.P., HemelBesem en ander sterre in aksie.
Sanger Durane Plaatjies, bekend as D.O.E.P. het twee jaar gelede die Skoolbrood-projek begin.
Sy doel daarmee is om sosiale probleme soos boelies te takel en om vir kinders hul skoolwerk deur middel van musiek en dans genotvol te maak. Kletsrym of rap word gebruik om vakke soos wiskunde en ook in Afrikaans lewendig te maak.
D.O.E.P maak van verskeie musikante gebruik, soos HemelBesem, DJ Eazy (van Goodhope FM), King Smasher, Gizmo en ook die danser Toufeeq.
Kaartjies kos R50. Vir verdere inligting, skakel 044 518 0974.
'Ons bring jou die nuutste Groot Brakrivier, Tuinroete nuus'