GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Aandag alle boekwurms: Dié naweek is Groot-Brakrivier die plek om te wees vir die heel eerste Grootbrak Boekeblaf Lees- & Skrywersfees.
Die fees het amptelik gisteraand, 7 November, afgeskop. Daar is vandag ’n lekker vol program van boekgesprekke met talle bekende skrywers en Sondagoggend sluit die fees met ’n ontbytprogram af.
Skrywers sluit in: Carina Stander, Sidney Gilroy, Chanette Paul, Jan van Tonder, Chris Karsten, Bets Smith, Julio Agrella, Hendie Grobbelaar, Daniël Lötter, Lluyle Arendse, Stef Kruger en Hannes Visser.
Petronel Baard voeg ook musiek by die program.
Waar: In die saal op die Laerskool Vorentoe Sportgronde. Kyk vir die groot bannier en die aanwysing na die parkering. Dit is by die ingang na die terrein in Langstraat, Grootbrakrivier.
Kaartjies: Jy kan aanlyn by Quicket kaartjies koop, maar ook by die deur.
Sitplek: Jy hoef nie jou eie stoel te bring nie, daar is gemaklike sitplek vir almal.
Kos en drinkgoed: Deur die dag sal daar heerlike kos en verfrissings te koop wees, maar geen alkohol nie. Jy kan egter jou eie mandjie inpak as jy lus is vir ’n glasie wyn saam met ’n gesprek of ’n aandkonsert.
Boeke: Daar is ’n boekwinkel en jy kan met jou gunstelingskrywer gesels en jou boeke laat teken.
Só lyk die program:



‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’