GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Francois Rocher (27), 'n man met twee aangeklagte van bedrog en diefstal teen hom, het vandag, 4 Oktober, op Groot-Brakrivier in die hof verskyn.
Hy bly in aanhouding en sy saak is uitgestel na 15 Oktober vir regsverteenwoordiging asook sy borgaansoek.
Hy kwalifiseer nie vir regshulp nie, en sal dus sy eie privaatprokureur moet aanstel.
Rocher, oorspronklik van Welkom, is op 27 September in George gearresteer. Hy word daarvan aangekla dat hy na bewering by gastehuise bly sonder om die volle fooi vir sy verblyf te betaal. Die twee aanklagte spruit uit sake wat verlede week aangemeld is, maar nóg kan moontlik bygevoeg word.
Sou enige gastehuise op die Tuinroete soortgelyke voorvalle hê om aan te meld, kan hulle vir Sersant Wesley Louw (079 893 9943) kontak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’