Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die Suid-Afrikaanse reus in koslandskap, Ina Paarman sê die geheim van ‘n perfekte braaibroodjie is baie botter.
“Buite en binne. En kaas en tamaties en uie en natuurlik net reg gebraai.”
Paarman het vanoggend aan die Mossel Bay Advertiser by ‘n vrouenetwerk wat op Mosselbaai gehou word, gesê “ons moenie sukkel met tienduisend variasies nie.”
Mossel Bay Advertiser se braaibroodjie-kompetisie is om die draai en inwoners kan hulle resepte inskryf.
Finaliste sal tydens ‘n spesiale geleentheid op 23 September teen mekaar meeding en hulle eie braaibroodjies op die kole voorberei.
Stuur jou resep teen 28 Augustus na louise@groupeditors.co.za of mba@groupeditors.co.za
VIDEO - Mossel Bay Advertiser se braaibroodjie-kompetisie (Video: Louise Karsten).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’