MOSSELBAAI NUUS - Die Belangegroep vir Aftree-oorde en aanverwante instansies in die Suid-Kaap (BAASK) het verlede Vrydag hul kwartaallikse vergadering op Mosselbaai gehou.
BAASK verteenwoordig aftree-oorde van Stilbaai tot by Knysna en ook Oudtshoorn.
Van die items wat tydens die vergadering bespreek is, was 'n voorlegging deur 'n ingenieur oor installasies wat by aftree-oorde gedoen kan word om die impak van beurtkrag teen te werk. Pierre Conradie het goeie advies gedeel oor die installasie van sonkragstelsels. Dit is 'n baie belangrike aspek vir aftree-oorde wat versorgingseenhede het, om krag tydens beurtkrag te verskaf.
Dr Adriaan Liebenberg, 'n neuro-chirurg, wat deel is van 'n groep dokters wat fokus op nie-chirurgiese behandeling van pyn, het 'n nuwe pynkliniek wat binnekort in George open, bekend gestel.
Daar is reeds 'n soortgelyke kliniek in Knysna. Alani Voigt, skakelbeampte van BAASK, sê dat die vergadering baie positief was en hulle is dankbaar vir die Garden Route Funeral Services wat as gasheer opgetree het en die gaste met heerlike pizzas bederf het. Die volgende vergadering word beplan vir einde September.
Dr Herman Strydom, van die Garden Route Funeral Services, was die gasspreker tydens die BAASK vergadering.
Pierre Conradie deel advies oor sonkragstelsels terwyl bestuurslede van verskillende aftree-oorde aandagtig luister.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’