TUINROETE NUUS - Die burgerregteorganisasie AfriForum het kommentaar ingedien op die beoogde eksplorasie-aansoek in ’n streek van die kusgebied tussen St. Francisbaai en Mosselbaai.
Total Suid-Afrika doen aansoek om elf gate aan die kusgebied as eksplorasieputte te boor.
Afriforum se bestuurder van omgewingsake, Lambert de Klerk sê egter dié gebied is onontbeerlik vir die mariene biodiversiteit aan die Suid-Afrikaanse kuslyn.
De Klerk sê daar is ’n beskermde mariene gebied net suid van die beoogde prospekteergebied.
AfriForum het verskeie vrae uiteengesit in sy kommentaar omdat die openbaredeelnameproses in webinaar-formaat aangebied is en volgens die organisasie dus nie juis toeganklik was vir alle lede van die publiek was nie.
De Klerk sê hulle is nie teen enige bestaande of beoogde mynaktiwiteite gekant nie, maar sê dit is belangrik om aan alle prosesse en prosedures deel te neem.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'