MOSSELBAAI NUUS - Mary Cronjé, bekend as ant Meraai het Sondag, 26 September haar 84ste geboortedag saam met 'n paar familielede en vriende gevier.
Haar eggenoot van 58 jaar, wyle oom Patty met wie sy op die jeugdige ouderdom van 16 jaar in die huwelik getree het, het haar reeds 10 jaar gelede ontval. Uit die huwelik is nege kinders gebore, waarvan vier oorlede is.
Sy het 20 kleinkinders, 40 agterkleinkinders en een agter-agterkleinkind. Sy geniet nog redelike goeie gesondheid en verrig al haar huistakies self.
Haar leuse vir so 'n gesonde lewe is: "Eer jou moeder en vader sodat jou dae verleng kan word."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'