Update
MOSSELBAAI NUUSFLITS - ‘n 80-jarige man sal vandag sy tweede verskyning in die Mosselbaai Landdroshof maak nadat hy gearresteer is op ‘n aanklag van die seksuele aanranding van ‘n 13-jarige meisie.
Die verdagte, ‘n inwoner van Groot-Brakrivier is in Augustus gearresteer nadat ‘n ooggetuie wat gesien het hoe die verdagte die slagoffer in ‘n voertuig betas, die polisie gebel het.
Die voertuig was voor ‘n roomysstalletjie by die Punt in Mosselbaai geparkeer.
Volgens polisie het die verdagte na die voorval vir die slagoffer ‘n roomys gekoop.
Die verdagte is op waarskuwing vrygelaat, hangende die uitslag van die verhoor.
Lees 'n vorige artikel: 80-jarige vas na 'seksuele misdryf'
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'