MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaaier, Roseline (Ammie) Jansen het op 16 November haar 80ste verjaarsdag gevier. Sy is in 1942 in Tarka, Mosselbaai gebore en het ook daar groot geword.
Uit Ammie en haar oorlede man Michael, met wie sy 35 jaar getroud was, se huwelik is vyf kinders gebore.
Sy het nege kleinkinders en spog ook met agterkleinkinders.
"Sy is 'n liefdevolle mens en hou daarvan om ondersteuning te gee waar nodig," vertel past Malcolm de Jager. "Sy is ook 'n stigterslid van die Griekwa-gemeente en dien selfs nog op 80-jarige ouderdom op dié gemeente se kerkraad."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'