MOSSELBAAI NUUSFLITS - 'n 19-jarige man van Mosselbaai was vroeër vandag in 'n noodlottige motorfietsongeluk op die Vleesbaai-pad.
Na wat verneem word, was die jong man alleen op pad in die rigting van Vleesbaai toe hy beheer oor die Yamaha-motorfiets verloor het.
Die motorfiets het die pad verlaat.
Paramedici het die motorfietsryer op die toneel as dood verklaar.
Enige persoon met inligting word versoek om die ondersoekbeampte, adjudant offisier Geoffery Moos van die KwaNonqaba-polisie by 079 894 1599 te kontak.
Die identiteit van die slagoffer is bekend, maar word weerhou totdat sy naasbestaandes in kennis gestel is van die ongeluk.
Geen verdere inligting its tans beskikbaar nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'