OPVOLG @ 10:34 - Die vermiste seun is gevind in die publieke toilet van die skoenfabriek op Groot-Brakrivier. Hy is intussen na die polisiestasie geneem.
GROOT BRAKRIVIER NUUS - Die polisie op Groot-Brakrivier, in samewerking met lede van die Mosselbaai polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe soek sedert gisteraand, Dinsdag, 8 Junie na ‘n vermiste 11-jarige seun.
Polisiewoordvoerder, sers Laurianne Botha sê die kind, Likhona Nyumbani was laas op Maandag 7 Junie gesien waar hy op die voetpad by Die Heuwel, duskant Pick ‘n Pay op Groot-Brakrivier agter ‘n bal aangehardloop het.
Volgens Botha was die kind saam met sy ouers. “Volgens die ouers het hulle ‘n saamry geleentheid na hulle woning gekry en het hulle laas hul seun gesien toe hy agter die bal aanhardloop.”
Die ondersoekbeampte in die saak is ao Tatta Marks. Enigeen met inligting word versoek om hom te kontak by 082 335 0686.
'Ons bring jou die nuutste Groot Brakrivier, Tuinroete nuus'