Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Met ‘n besoek aan die stembus op Friemersheim vroeër vandag waar kiesers in Wyk 14 stem, was die atmosfeer rustig.
Elaine van der Toorn, vryskut-fotograaf vir die Mossel Bay Advertiser het dié rustige landelike gebied besoek.
Vanuit nog ‘n landelike gebied, Herbertsdale, Wyk 7 word berig dat, hoewel die stembus teen 11:30 maar nog stillerig was, daar ‘n vrolike atmosfeer heers.
Met verteenwoordigers van die VF Plus, Icosa, die DA en Patriotic Alliance in die omte, het daar na wat verneem word teen 11:30 sowat 130 van die 681 geregistreerde kiesers hulle kruisie getrek.
VIDEO: Friemersheimers en Herbertsdalers rustig by stembus
Maria Noonan, Shaun Jacobs, Eftigea Dw Klerk van ANC op Friemersheim.
Die DA is volsterkte in blou.
DA-lede hou die druppels weg op Herbertsdale terwyl hulle op kiesers wag.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'