MOSSELBAAI NUUS - Kansa bied vanjaar weer aan vroue die geleentheid om papsmere en borsondersoeke te laat doen.
Die veldtog vind plaas Dinsdag, 9 Oktober by die Mosselbaai-kliniek in Georgeweg. Asook op Woensdag, 10 Oktober by die Hartenbos-kliniek. Borsondersoeke en laboratoriumkoste vir papsmere is R300.
Hierdie geld is die dag met ondersoek betaalbaar. Die papsmere word deur dr Amanda de Beer van Ampath uitgevoer, terwyl verpleegkundiges die borsondersoeke hanteer. Veral jong dames wat reeds vanaf 'n vroeë ouderdom seksueel aktief is en vroue wat nog nooit van tevore 'n papsmeer gehad het nie, word aangemoedig om te bespreek.
Jou gesondheid is kosbaar, pas dit op.
Vroue wat 'n historektomie gehad het, het nie nodig om 'n papsmeer te doen nie, net as die operasie weens kanker gedoen is.
Vir 'n afspraak kontak Maxie Willemse (082 958 3468).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'