MOSSELBAAI NUUS - Die NG gemeente Reebok se Pinksterreeks vind vanjaar vanaf 13-16 Mei plaas.
Die gas is die bekende prediker, beeldhouer en dokter, Nic Grobler, tans van Port Shepstone. Die tema van die Pinksterreeks is, Kom ons deel in die charisma van die Heilige Gees.
Onderwerpe wat dr Grobler gaan behandel, sluit die volgende in:
- Sondagoggend, 13 Mei om 09:30: In die geselskap van die mees charismatiese persoon.
- Sondagaand, 13 Mei om 18:30: Die Heilige Gees vervul die beloftes en leer ons.
- Maandagaand, 14 Mei om 18:30: Vra net en word ‘n charismatiese Christen.
- Dinsdagaand, 15 Mei om 18:30: Gevul met die charisma van die Heilige Gees.
- Woensdagaand, 16 Mei om 18:30: ‘n Borrelende fontein. Onmoontlik om stil te bly. Charisma aan die werk.
"Ons is dankbaar dat dr Grobler ons kom besoek en sien baie uit na die 2018 Pinksterreeks. Sy tema en onderwerpe beloof om deurgaans op ‘n nuwe manier die gees en boodskap van Pinkster te verkondig. Die gemeente sien dus uit om hom en sy vrou Marietjie, by Reebok te ontvang."
Vir verdere inligting kontak Johan of Louise Boshoff (044 696 6175).
Een van dokter Nic Grobler se beeldhouwerke, getiteld God is daar as jy jou greep verloor het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'