MOSSELBAAI NUUS - Die St Peter's Katolieke Kerk is tans dringend op soek na wol vir 'n projek waartydens hulle poog om Mosselbaai warm en knus te hou vir die komende winter. Hierdie projek bestaan reeds meer as 30 jaar.
Warm komberse word saamgestel uit gebreide of gehekelde blokke. Van hierdie blokke word ook verkry vanaf spreekkamers in en om Mosselbaai waar wagtende pasiënte of besoekers die tyd kan verwyl deur te brei.
Baie mense ken al die bekende mandjies met wol en breipenne wat in die wagareas van sommige spreekkamers geplaas is.
All donasies kan geneem word na Bernina Mosselbaai in Marshstraat. Enige wol is welkom.
"Baie dankie vir almal se ondersteuning om behoeftiges warm te hou die winter," sê die organiseerders.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'