TUINROETE | KAROO NUUS - Group Editors ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief.
Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
Maak: Matriek maak gespesialiseerde uitdrukking Matriek voltooi en die matriekeksamen slaag: Jy moet nou maar eers Matriek maak ... As jy Matriek het, het jy meer verstand om te kies wat jy wil word (Dr. O'Kulis: Eselskakebeen4, 1931, 61). Sy ouers was bitter teleurgesteld dat hy dit nie sover gebring het om matriek te maak nie (A.M. Louw: Uur, 1956, 25).
Eksamenkoors s.nw. Koorsagtige, onrustige opgewondenheid by 'n eksamenkandidaat of in 'n skool of inrigting weens 'n op hande synde eksamen: Die hele dorp ly aan eksamenkoors.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'