MOSSELBAAI NUUS - 'n Bekende inwoner van Groot-Brakrivier, William Adam Williams (72) word Saterdag, 24 Desember begrawe. 'n Gedenkdiens word Donderdag,22 Desember om 18:30 by die Williams-woning, Jacobsstraat 5 in Groot Brak gehou.
Die begrafnisdienste begin Saterdag, 24 Desember om 09:00 by dieselfde adres en die kerkdiens is 10:00 by die Congregational Kerk in Hillcrestlaan, Groot Brak.
Williams het vir 35 jaar vir die Boltons Footwear gewerk waar hy verantwoordelik was vir die sny van die "Bally" skoen.
Hy was die enigste persoon wat die "Bally" skoen met die hand kon sny.
Williams was ook die stigter van die SACTU-werkersunie en die ANC tak in Groot Brak. Hy laat sy vrou, Christina, twee dogters Wilma en Lucinda, vier kleinkinders en twee agter-kleinkinders agter.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'