Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die wenner van die Luna Moon-kompetisie is vanoggend Saterdag, 17 Junie, aangewys.
Die bemanning van die Luna Moon seiljag, lede van Stasie 15 van die Nasionale Seereddinginstituut (NSRI) op Mosselbaai en raadslid Anton Dellamijn, wat die trekking waargeneem het, was vanoggend om 09:00 op die Luna Moon in die hawe van Mosselbaai.
Die wenner is Eugene Camara van Mosselbaai.
Die eienaar van die Luna Moon, Dave Bird, het goedgunstelik 'n prys ter waarde van R3 000 beskikbaar gestel vir die NSRI op Mosselbaai om geld in te samel vir die aankoop van 'n Jetrib vir dié stasie. Die prys sluit in 'n sonsondergang-vaart op die see vir die wenner en vyf vriende waar hulle dan voor Santos op anker sal lê voor hulle weer terugkeer hawe toe.
Die Luna Moon is in 1920 in 'n skeepswerf in Nederland gebou en is die afgelope drie jaar in die Mosselbaai-hawe gerestoureer vir sy gerestoureedre nooiensvaart eersdaags na Madagaskar.
VIDEO - Luna Moon kompetisie wenner aangewys:
Lees meer in Mossel Bay Advertiser en aanlyn.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’