Video
MOSSELBAAI NUUS - 'n Jong Boggelrugwalvis, van ongeveer 10 meter lank, het vanoggend by Pienaarstrand (net buite Groot-Brakrivier) gestrand.
Volgens dr Frans De Graaff, veearts en direkteur van S.M.A.R.T, is die walvis in 'n swak toestand en sal genadedood toegedien moet word.
Die publiek word versoek om asseblief nie die toneel te besoek nie.
Kyk 'n video hieronder.
Die walvis is in 'n baie swak toestand.
Die jong walvis is ongeveer 10m lank.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'