MOSSELBAAI NUUS - Solidariteit Helpende Hand se Mosselbaai-tak hou môre Saterdag, 9 Maart, 'n Colour Run op die Outeniqua Game Farm op die R328 na Oudsthoorn naby Ruiterbos.
Jy kan kom hardloop, fietsry of stap. Die geleentheid begin om 15:00. Toegangsfooi is enige vier van die volgende items: tandeborsel, tandepaste, koekie seep, waslap, deodorant of 'n aanrol-reukweerder vir seuns of meisies.
Solidariteit Helpende Hand wil graag verligting bring aan gesinne wat swaarkry. Vir meer inligting kontak Itha by 083 564 6553.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’