MOSSELBAAI NUUS - Hartenbos-versorgingsoord bied op Woensdag, 6 Maart vanaf 09:00 'n spogmark aan. Van die inwoners en ander lede van die publiek, almal pensioenarisse, gaan hulle eie handgemaakte items tydens die mark uitstal. Daar sal sowat 10 tot 12 uitstallers wees. Die idee is nie om die items te verkoop nie, maar eerder om daarmee te spog.
"Om afgetree te wees beteken nie jy nie meer mooi goedjies kan maak nie."
Die publiek word genooi om die spogitems te gaan besigtig en 'n koppie tee en 'n kolwyntjie te geniet. Slegs 'n donasie word gevra en daarvoor kan jy boonop in aanmerking kom om 'n pragtige handgemaakte prys te wen.
"Kom spandeer die oggend by die versorgingsoord en knoop terselfdertyd geselsies met van die inwoners aan." Die versorgingsoord is die groot, wit gebou langs die NG Kerk in Hartenbos.
Vir navrae kontak Mienie Coetsee (073 229 0398) of Heleen Coetsee (082 454 5724).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'