MOSSELBAAI NUUS - Die Da Gamaskop-polisie ondersoek 'n saak van poging tot roof nadat 'n bejaarde man in Karveelsingel, Bayview deur 'n gewapende man gedreig is.
Die bejaarde man het in sy geparkeerde voertuig gesit toe 'n verdagte man sy motordeur oopruk in 'n poging om sy selfoon te roof.
Die verdagte was gewapen met 'n okapi-mes. Die bejaarde man het hom verset en daarin geslaag om die aanval af te weer, waarna die verdagte op die vlug geslaan het sonder die mes en ook die selfoon.
Die okapi-mes is tans in besit van die Da Gamaskop-polisie. Op die mes staan in pen skryf LOVE DON'T COST A THING.
Enige persoon met inligting aangaande die verdagte of die eienaar van die mes, word versoek om die ondersoekbeampte sers Adele Binneman te kontak (044 606 2200.)
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'