MOSSELBAAI NUUSFLITS - 'n Man wat vroeër op parool vrygelaat is, en nou aangekla word in verband met die verkragting van 'n tweejarige meisie, se parool is vandag in die Landdroshof op Mosselbaai terug getrek.
Die polisie het die 26-jarige-man 'n week gelede by sy huis in KwaNonqaba in hegtenis geneem.
Die verdagte is in 2009 skuldig bevind aan die verkragting van 'n sesjarige kind op Mosselbaai, en het sewe jaar tronkstraf uitgedien, voordat hy op parool vrygelaat is.
Die verdagte sal nou die res van sy vonnis vir die verkragting van die sesjarige kind tot 2019 moet uitdien.
In die nuutste voorval dui 'n voorlopige ondersoek daarop dat die kleuter buite haar ouma se huis gespeel het, toe die verdagte haar na sy huis geroep, en haar na bewering verkrag het.
Lees meer in Vrydag se Mossel Bay Advertiser, of aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'