* 'n Probleem met kommunikasie. Van die polisielede het nie eers kennis gedra van die voorval nie.
* Geen veiligheidshek by die hoofingang vanaf straatkant nie
* Geen heining tussen die gebou en die bestaande heining, wat kriminele daarvan kan weerhou om agterom die gebou te beweeg, skade aan voertuie aan te rig, by die speurders se kantore in te breek en dokumente te verwyder, gevangenis te help ontsnap, ensovoorts; veral as daar net een beampte aan diens is nie.
* Geen voldoende beligting rondom die geboue, veral by die hek.
* Tekort aan personeel / polisiebeamptes. Daar is alreeds verlede jaar vir meer personeel aangevra, maar nog niks is hieraan gedoen nie. Inteendeel, is daar nog beamptes weggeneem en by ander stasies geplaas. Die stasiebevelvoerder is al oor die saak genader. Die kwessie word gereeld bespreek by vergaderings, maar ongelukkig is die bevelvoerder selde teenwoordig.
* Die tekort van personeel veroorsaak dat daar sommige nagte slegs twee personeellede aan diens is; een in die kantoor en die ander lid in sy voertuig op patrollie. Die Groot Brak Polisie bedien 'n gebied van 840vk kilometers. Sou hulle 'n vals klagte kry van een uithoek en 'n werklike klagte in 'n ander uithoek, kan die werklike klaer nie die nodige aandag kry nie, omdat die reistyd te lank kan neem.
* Die insident waarna die media verwys het is nie 'n geïsoleerde geval, soos aangedui is nie. Personeel bevestig dat daar al meer sulke gevalle was.
* Vals klagtes kan veroorsaak dat, as gevolg van 'n tekort aan personeel, kriminele genoeg tyd het om hulle doelwitte te bereik.
* Die polisie veroorsaak dus nie net probleme vir mekaar nie (onvoldoende personeel), maar ook vir die gemeenskap.
* Beamptes wat geskakel moet word om te help bly in die meeste gevalle buite Groot Brak; tyd wat verlore gaan om by die probleem te kom.