Update
MOSSELBAAI NUUS - Dylan Moolman (29) van Wolwedans, wat Saterdagmiddag, 11 Februarie, deur 'n motor in Amy Searlestraat, Groot-Brakrivier, getref is, was teen die ter perse gaan steeds in die intensiewe sorgeenheid van die Grootte Schuur Hospitaal in Kaapstad.
Dylan is na die voorval deur die Mosselbaai-nooddienste op die toneel gestabiliseer en per ambulans na die Mosselbaai provinsiale hospitaal geneem.
Volgens die woordvoerder van die Groot-Brakrivier-polisie, sers Lauriane Botha, het Dylan ernstige kopbeserings opgedoen en is hy Saterdagaand na die George Hospitaal oorgeplaas.
Hy is Sondagmiddag met 'n EMS-helikopter na die Grootte Schuur hospitaal in Kaapstad geneem vir verdere behandeling.
Sersant Botha, wat Moolman se pa na die voorval na die George Hospitaal geneem het en die familie bystaan, sê die familie is erg geskok oor wat gebeur het.
Volgens sy pa, is Dylan steeds in die intensiewe sorgeenheid en toon hy geringe verbetering. Die persoon wat die motor bestuur het, het van die ongelukstoneel weggejaag.
'n Saak van roekelose en nalatige bestuur word ondersoek. Adjudant-offisier Ferdie Nel is die ondersoekbeampte in die saak.
Vorige artikel: Jong man ernstig beseer ná raakgery in Groot Brak
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'