Update
MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-munisipaliteit het op Woendag, 29 Julie weer eens 'n behoorlike opruiming van die taxistaanplekke in die middedorp onderneem waar sowat 40 persone wederregtelik onderdak gesoek het. Munisipale woordvoerder, Nickey le Roux sê die vullis, wat selfs met meganiese toerusting verwyder moes word, bring 'n veiligheidsrisiko mee nie net vir die naasliggende inwoners nie, maar ook vir die haweloses wat meerendeels verkies om nie van die dienste van die Haven-nagskuiling gebruik te maak nie.
"Dit is veral ten tye van die Covid-19-pandemie vir die munisipaliteit belangrik om areas waar heelwat verkeersdrukte ervaar word, te ontsmet. Na afloop van die grootskaalse skoonmaak van vullis wat rondgestrooi gelê het, is die staanplek ook deeglik gesaniteer."
Die senior personeel van die munisipaliteit, onder meer die munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee, die uitvoerende bestuurder strategiese dienste Colin Puren en die senior bestuurder afvalbestuur, Sivu Mtila het hand bygesit in die skoonmaakproses.
'n Dringende beroep word op die gemeenskap gedoen om nie die haweloses van aalmoese en veral nie kontant te voorsien nie.
Swaar meganiese toerusting moes ingespan word om hierdie area op te ruim.
Vorige artikel: Taxi rank area dirty, litter strewn
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'