Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Suidkus-4x4 het weer 'n ordentlike dag daarvan gemaak by Bow & Arrow se 4x4-baan op die Outeniqua Game Farm.
Die roete bied aan elke bestuurder 'n uitdaging. Drie nuwe bestuurders het vir die eerste keer hul voertuie uitgevat vir 'n dag van pret met die 4x4's.
FOTOGALERY: Suidkus-4x4 sorg vir opwinding
Net om dit interessant te hou, is daar eerste in die kloof afgegaan. Daar het die water bietjie amok gemaak, maar Johan Boshoff het gaan klippe gooi waar die gate te diep was.
Louis Louw het met sy '97 Landrover Defender 90, bietjie pret gehad, deur oor die klippe en deur die dale te klim waar die Jeep's gewoonlik speel. Na die klowe het almal so 'n blaaskans geneem terwyl daar op die helling gespeel is. Die 2x4-voertuie was ook getoets om te sien wie dit to bo kan maak.
Die konvooi is oor die berg en weer af na die dam, waar Louw waaghalsig genoeg was om deur die dam te ry. Die water het tot net onder sy Defender se handvatsels gekom, en 'n baie nat Louw het anderkant uitgeklim.
Die steiltes is uitgejaag met nog 'n paar op- en afdraendes waar die water van die laaste paar maande die roete meer prettig gemaak het.
Die laaste hindernis was Badgers Cove, waar daar sewe voertuie per slag op was. Toe was dit deur die woud en terug restaurant toe. Die dag was geniet deur almal betrokke, met 14 voertuie wat die dag plesierig gemaak het.
Indien jy wil aansluit by Suidkus 4x4, kontak gerus vir Sias Karsten of Arthur Reyneke (083 300 1063 of 064 524 8307).
Water is altyd 'n uitdaging vir enige 4x4 entoesias. Al moet jy die deur later oopmaak om die water uit te laat.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’