MOSSELBAAI NUUS - Deernishuishoudings sal weer by die Mosselbaai-munisipaliteit die voordeel kry van korting op basiese dienste soos water, elektrisiteit, vullisverwydering, sanitasie en eiendomsbelasting in die 2020/2021-boekjaar.
Diegene wat kwalifiseer word herinner om so spoedig moontlik vir voordele aansoek te doen.
Die twee vlakke van deernis subsidie is spesifiek ontwikkel om ekonomiese verligting te bied aan diegene in die gemeenskap wat dit werklik nodig het. Hierdie verligting word ook uitgebrei na huishoudings wat 'n persoon met 'n gestremdheid insluit, indien hulle aan die spesifieke kriteria voldoen.
“Die munisipaliteit het nie die lewensomstandighede van ons pensioenarisse vergeet nie en het ook in die begroting voorsiening gemaak vir 'n pensioenaris-afslag op sowel die eiendomsbelasting as die rioolheffing,” aldus Colin Puren, munisipale woordvoerder.
Hoogtepunte van deernisvoordele
Vlak 1-huishouding
Om te kwalifiseer as 'n deernis vlak 1-huishouding, moet 'n huishouding aan die volgende kriteria voldoen:
• Vir 'n deernissubsidie mag die geverifieerde bruto maandelikse inkomste van alle inwoners van die woning ouer as 18 jaar nie die bedrag van twee maal die bedrag van die staatspensioen oorskry nie; en
• Die geregistreerde huishouding moet die voltydse bewoner van die betrokke eiendom wees en mag slegs een eiendom besit.
Voordele
(a) Water - 6 kiloliter en basiese tarief heffing per maand
(b) Elektrisiteit - 50 kilo Watt uur en basiese tarief heffing per maand
(c) Vullisverwydering - basiese heffings per maand
(d) Sanitasie - basiese heffing per maand
(e) Eiendomsbelasting - eiendomsbelasting op die waardasie tot R81 000
Vlak 2-huishouding
Om te kwalifiseer as 'n deernis vlak 2-huishouding, moet 'n huishouding aan die volgende kriteria voldoen:
• Die geverifieerde bruto maandelikse inkomste van alle inwoners van die woning ouer as 18 jaar mag nie die bedrag van vier maal die bedrag van die staatspensioen oorskry nie; en
• Die geregistreerde huishouding moet die voltydse bewoner van die betrokke eiendom wees en mag slegs een eiendom besit.
Voordele
(a) Water - 6 kiloliters en 50% van die basiese tarief heffing per maand
(b) Elektrisiteit - 25 kilo Watt uur en 50% van die basiese tarief heffing per maand
(c) Vullisverwydering - 50% van die basiese tarief heffing per maand
(d) Sanitasie - 50% van die basiese tarief heffing per maand
Gestremdes
Om te kwalifiseer as 'n huishouding, wat ‘n persoon met gestremdheid huisves, moet 'n huishouding aan die volgende kriteria voldoen:
• Die geverifieerde bruto maandelikse inkomste van alle inwoners van die woning ouer as 18 jaar mag nie die bedrag van vier maal die bedrag van die staatspensioen oorskry nie; en
• 'n Persoon met 'n gestremdheid moet geregistreer wees as 'n persoon met 'n gestremdheid, gediagnoseer deur 'n geneesheer, en 'n voltydse bewoner van die betrokke eiendom wees.
Voordele
(a) Water - 6 kiloliter en basiese tarief heffing per maand
(b) Elektrisiteit - 50 kilo Watt uur en basiese tarief heffing per maand
(c) Vullisverwydering - basiese heffing per maand
(d) Sanitasie - basiese heffing per maand
(e) Eiendomsbelasting - eiendomsbelasting op die waardasie van tot R81 000.
Kontak Debtpack by 044 620 4480 of besoek die Debtpack kantore om aansoek te doen.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'