MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai het gisteraand, Donderdag, 31 Augusutus, gasheer gespeel vir die Distriksonderwystoekennings wat op luisterryke wyse in die stadsaal plaasgevind het. Tydens hierdie geleentheid is die Eden- en Sentraal Karoo-streek se afgevaardigdes na die Nasionale Onderwystoekennings aangewys.
Mosselbaai se uitvoerende burgemeester, raadsheer Harry Levendal, self ‘n oud-onderwyser, het Naomi Fillies. ‘n leerkrag verbonde aan Sao Bras Hoërskool gelukgewens met die toekenning vir Uitnemendheid in Hoërskoolonderrig.
Burgemeester Levendal het David Sampson (OBOS in George) en sy span gelukgewens met die uitstekende byeenkoms. “Ek dink dat hulle uitstekend daarin geslaag het om die soms moedelose leerkragte daardie ekstra woema te gee. Die kategoriewenners blyk gunstelinge van regoor die streek, en veral van hul onderskeie skole te wees.
Mosselbaai se uitvoerende burgemeester, raadsheer Harry Levendal en lede van die uitvoerende burgemeesterskomitee het Naomi Fillies, ‘n leerkrag verbonde aan Sao Bras Hoërskool, gelukgewens haar toekenning vir Uitnemendheid in Hoërskoolonderrig.
‘n Vorige goewerneur van die SA Reserwebank Gill Marcus was die geleentheidspreker. Sy het gesê leerders se toekoms steun sterk op innovasie en nog meer innovasie van die kant van leerkragte.
Van die gaste het opgemerk dat dit verblydend was dat soveel borge betrokke was en het Anton Titus, die aand se programleier gelukgewens met die verruklike atmosfeer wat onder sy leiding geheers het. “Aan die gesigte van die onderskeie wenners kon ‘n mens duidelik sien wat die impak en sukses van erkenning op ‘n aand soos hierdie is.”
Lees meer in die Mossel Bay Home Ads News.
ARTIKEL EN FOTO'S: NICKEY LE ROUX, MOSSEL BAY ADVERTISER NUUS REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'