MOSSELBAAI NUUS - Inwoners op Danabaai is woedend oor ‘n sogenaamde stank wat hulle sê soos olie ruik wat sedert gister, Dinsdag, 9 Februarie oor die woongebied hang.
Boonop het inwoners aan die Mossel Bay Advertiser foto’s gestuur van wat lyk soos olie op die strand.
Inwoners vra intussen weer vrae oor PetroSA se betrokkenheid by die stank.
Die Advertiser het navrae aan die Garden Route-distriksmunisipaliteit gestuur.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'