MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai spog opnuut met die gebruik van gebruik van gevorderde tegnologie om strandtoegang vir gestremdes by Diazstrand te vergemaklik.
Hierdie strandtoegang is die resultaat van fyn berekening om die helling vir rolstoele net reg te kry, die draaipunte presies te pas en dan by die veranderde strandvlakke aan te pas.
Die projek is gesamentlik befonds deur die departemente van beplanning en ekonomiese ontwikkeling (strate en stormwater) en omgewingsbestuur.
Privaatbydraes van sowel individue en huiseienaarsverenigings ontwikkelings in Diasstrand is bekom en daar is ook 'n bydrae gemaak uit die betrokke wyksfonds.
Dit gaan onder meer aangewend gaan word vir besproeiing sodat die duin waarop die nuwe toegang gebou is, behoorlik gestabiliseer kan word.
'n Verdere stukkie fyn vernuf wat vir die eerste keer op Mosselbaai ingespan is, is die gebruik van 'n ondergrondse filtrasiekamer waardeur die stormwater na die see herlei word. Op hierdie wyse word die water toegelaat om weer in die sand weg te syfer alvorens dit gewoon net wweer op die strand uitspoel.
Die rolstoelvriendelike toegang is verlede week formeel in gebruik geneem, net reg vir die komende vakansieseisoen. Ook ouer persone, wat nie meer trappe so gerieflik vind nie, sal hierby baat. Die projek, wat sowat R2.2m beloop het, behels onder meer 'n houtloopvlak in drie afsonderlike segmente wat met spesiale afwerking teen die elemente beskerm word. Die spesiale boumetodiek sal juis help om die struktuur in geheel teen golfskade te beskerm.
Spesialisraadgewers soos kusinginieurs, omgewingskon-sultante, selfs inwoners van Diasstrand het fundamentele bydrae gelewer tot die opgradering van die strandtoegang.
Raadsheer Petru Terblanche en raadslid Anton Dellemijn het alle rolspelers, asook die gemeenskap vir hul betrokkenheid en bereidwilligheid om ook tot die sukses van die projek by te dra, bedank.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'