Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die Mossel Bay Community Soup Drive het 'n uitdaging van Carl van Blerk van Garden Route Food Pantry aanvaar om landwyd op Mandeladag, Maandag 18 Julie, sop te kook.
Van Blerk het die afgelope week besighede en organisasies uitgedaag om 1000 liter sop te kook as deel van hulle 67-minute van omgee.
Behalwe dié uitdaging het die Garden Route Food Pantry ook R499 se vleisbene en 12,5kg se gemengde groente vir die sop geskenk. Mossel Bay Community Soup Drive het Maandag 150 liter warm sop in Highway Park aan die gemeenskap uitgedeel. Kinders en senior burgers het reeds vanaf 13:00 in rye begin staan om van die heerlike sop te kry.
FOTOGALERY: Sop is op die tafel
Meer as 550 kinders en senior burgers het 'n koppie sop ontvang.
Die Mossel Bay Community Soup Drive is 'n nie winsgewende organisasie in Mosselbaai wat sedert 2019 bestaan.
"Die warm sop en brood is hartlik deur die gemeenskap verwelkom en Mossel Bay Community Soup Drive is dankbaar dat hulle op só 'n manier deel was van die Mandeladag 67-minute vieringe," het William Sam van dié organisasie aan die Mossel Bay Advertiser gesê.
VIDEO - Sop op Mandeladag vir gemeenskap bedien (Video: William & Sam Redigering: Jannie du Plessis, Mossel Bay Advertiser).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'