MOSSELBAAI NUUS - Die polisie het bevestig dat ‘n reddingspoging aan die gang is by die Punt op Mosselbaai.
Dit, nadat ‘n persoon vanoggend van die kranse by die St Blaize-wandelpad afgeval het.
Brandbestryders en nooddienspersoneel is tans op die toneel.
Meer inligting is nog nie beskikbaar nie en die omstandighede van die voorval is nog nie bekend nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'