MOSSELBAAI NUUS - Die meisies-rugbyspelers van Hoërskool Sao Bras is baie trots op hulle truie geborg deur Bay Loans.
Hierdie spelers het mooi presteer deur gekies te word vir SWD-meisiesrugbyspanne in hulle onderskeie ouderdomsgroepe.
Hier is die spelers saam met mnre Mullee (spanbestuurder), Fillies (sportkoördineerder) en Stanley Kama, SWD gemeenskapsafrigter vir die skool. Hy rig ook die SWD-meisiesrugby af.
Hoërskool Sao Bras se meisiesrugbyspelers in hulle nuwe truie geborg deur Bay Loans. Die meisies is gekies vir SWD-rugbyspanne in hulle onderskeie ouderdomskategorieë.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'