MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai Munisipaliteit vra inwoners se hulp om hierdie slang se eienaar op te spoor.
Woordvoerder Nickey le Roux sê die wettige eienaar van die goedversorgde slang kan die Mosselbaai Brand, Redding en Rampbestuursdienste skakel om dit op te eis. Die eienaar sal bewys van eienaarskap moet lewer.
Die slang is deur brandweerpersoneel naby Moss-Kiddo in Heiderand gered.
"Die slang is besonder goed versorg en dit is hoogs waarskynlik dat dit as 'n troeteldier aangehou is."
Enige persoon met inligting kan die Mosselbaai Brand, Redding en Rampbestuursdienste kontak by 044 606 6000 of 044 606 5107 of 044 606 5121.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'