MOSSELBAAI NUUS - Die 2023 ATKV-Crescendo oudisies vind op 3 Junie en 1 Julie tussen 09:00 en 12:00 by die Town House op Mosselbaai plaas.
As jy 'n Afrikaanse liedjie uit jou eie pen het, moet jy verseker 'n tyd vasmaak op WhatsApp (082 737 8416) met Petronel Baard, wat die oudisies sal waarneem.
Kies een van die twee datums en kommunikeer as jy laat is of dit nie kan bybring nie.
Bring jou eie instrument en een of twee liedere om die oudisie mee te doen.
Daar is ligte klank beskikbaar wat een mikrofoon en een sok het asook foon- of datastokkies kan akkommodeer vir jou klankbaan. Enige ouderdom kan inskryf.
ATKV-Crescendo bied 'n mentor program met top-industrië aan vir die eerste 25 waaruit tien gekies word om verder te gaan met nog slypskole, mentorskap en optredes asook potensiële opnames.
Petronel gaan vyf deelnemers kies uit die verskillende oudisies, wat outomaties deurgaan na die eerste 25 en hulle word - met alle kostes betaal - genooi na die eerste uitdunronde, mentorskap en slypskool van vyf dae. Dis die moeite werd en almal is welkom!
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’