MOSSELBAAI NUUS - 'n 13-jarige seun van KwaNonqaba is vandag na die George Provinsiale Hospitaal oorgeplaas nadat 'n skokgranaat op Dinsdag 20 Desember in 'n veld in sy hand ontplof het.
Volgens die KwaNonqaba-polisiestasie het die slagoffer en sy drie vriende in die oopveld agter Chris-Hanistraat gespeel toe hulle die skokgranaat tussen rommel opgetel het.
Die slagoffer het die punt van die skokgranaat uitgetrek waarna dit ontplof het.
Sy linkerhand is oopgeskeur en hy het brandwonde op sy maag en gesig opgedoen.
Dit is tans onduidelik hoe die skokgranaat op die toneel beland het.
Die polisie se bomeenheid ondersoek die voorval.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'