TUINROETE | KAROO NUUS - Die Skoenboksprojek vier vanjaar sy 16de bestaansjaar. Volgens Janien Pretorius van ACVV Môreson Kinder- en Jeugsorgsentrum, het hierdie projek begin met 'n telefoonoproep van Anneline Smith, 'n inwoner van Oudtshoorn, om te hoor of dit moontlik sou wees om skoenbokse vir die kinders van die sentrum in te samel vir Kersfees nie.
"Saam het ons twee ingespring om dié droom ‘n realiteit te maak. Die belangstelling het ons wildste verwagtinge oortref."
Die projek het later so uitgebrei dat hul nie net een organisasie nie, maar vele ander organisasies oor die streek jaarliks met skoenbokse kan seën.
Janine hanteer die George en nabye omgewing bokse, en Anneline die Oudtshoorn-bokse. Hulle het intussen ook vir Yolandi Claassens nader getrek, wat die Mosselbaai bokse hanteer.
Hoe werk die bokse?
Wanneer jy jou verbind tot ‘n boks, sal jy ‘n kind/bejaarde se naam ontvang vir wie jy dan ‘n skoenboks moet vul, tot en met die waarde van R250. Daar is geen amptelike vereistes van wat alles in die skoenboks moet wees nie, behalwe dat ‘n lekkerny verpligtend is. Jy kan ook 'n boks borg deur 'n finansiële bydrae te maak en een van die organiseerders sal namens jou die boks gaan aankoop.
Die volgende organisasies word vanjaar gehelp:
- ACVV Môreson Kinder- en jeugsorg Sentrum, George
- Badisa, George
- Mossel Bay Care Centre, Mosselbaai
- Britsevlakte NGK Primêr, Willowmore
- Huis Gert Greeff, Willowmore
- Le Taylder-ouetehuis, Uniondale
- Solidariteit Helpende Hand, Oudtshoorn
- ACVV Kinder- en jeugsorg sentrum Huis Triomf, Oudtshoorn
- Rooirivier VGK Primêr, Oudtshoorn
- Huis vir bejaardes JJ Watson, George
- Tuiniqua-versorgingsoord, George
- Huis Karos, Mosselbaai
Indien jy graag wil betrokke raak of enige verdere navrae het, kan jy Janine Pretorius by 083 244 3228 of ninabrandt.pretorius1@gmail.com, Anneline Smith by 084 703 5000 of annieoudtshoorn@gmail.com of Yolandi Claassens by 083 978 3913 of yclaassens@yahoo.com kontak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’