In 'n soorgelyke insident het 'n matriekleerder van die Hoërskool Linden in Johannesburg, JG Oosthuizen, op 4 Januarie sy nek en rugmurg beseer toe hy in die branders by Diasstrand agteroor geduik het. JG het ook in 'n sandbank vasgeduik. Hy is na die MediClinic in George afgevoer waar 'n neurochirurg hom behandel het.
