Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - 29 klein Karet seeskilpaaie is die afgelope drie weke suksesvol sterk gemaak by die Hartenbos Diere Hospitaal.
Die bedreigde skilpaaie is deur strandgebruikers en vrywilligers van S.M.A.R.T van Mosselbaai strande gered.
Hulle gaan vir 'n tyd by Two Oceans aansterk en sal later in die Agulhas stroom vrygelaat word.
Indien seeskilpaaie op strande gesien word moet hulle nie teruggeplaas word in die see nie. Kontak asb dadelik 072 227 4715.
Kyk 'n video hieronder:
Die skilpaaie is deur vrywilligers van S.M.A.R.T. gered.
Hulle sal in die Aghulhas stroom vrygelaat word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'