MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-munisipaliteit se direktoraat van gemeenskapsdienste was die afgelope weke bedrywig in verskeie woonbuurte wat betref die skoonmaak van brandpunte waar vullis en dies meer akkummuleer.
Tydens hierdie proses is ‘n erf in Sampsonstraat, wat aan die munisipaliteit behoort, skoongemaak.
Die erf is nou geoormerk vir ‘n gemeenskapsgroentetuin.
Die munisipaliteit se departement vir landelike ontwikkeling is hiermee behulpsaam.
Hierdie groentetuin sal dien as ‘n voedingsaar vir ‘n sopkombuis. Die groentetuinprojek word aangepak deur Eden Mercy Care, wat ook in Sampsonstraat gebasseer is, vanwaar hulle reeds behoeftiges in die gemeenskap van voedsame maaltye verskaf.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'