MOSSELBAAI NUUS - Die uitvoerende burgemeester, raadsheer Harry Levendal het met groot dankbaarheid 'n ruim skenking van die Rotariërklub van Mosselbaai vir die burgemeestersfonds ontvang.
Die burgemeestersfonds word gebruik om verskeie verdienstelikes te help, soos jongmense wat in sport uitblink, families in nood en nie-regeringsorganisasies wat hulp benodig met gemeenskapsprojekte.
Tóg, het raadsheer Levendal benadruk, is die burgemeestersfonds juis van gemeenskapsbydraes afhanklik vir ondersteuning om verdienstelike gevalle van hulp te wees.
"Die Rotariërs wil ook die munisipaliteit bedank vir die goeie samewerkende verhouding en vir die unieke diensleweringsmodel wat nagestreef word," het Jan Gelderman benadruk. Hy sê dienslewering in Mosselbaai het nie 'n gelyke elders in die land nie.
Bestuurslede van die Mosselbaai Rotariërs het 'n ruim skenking aan die uitvoerende burgemeester, raadsheer Harry Levendal vir die burgemeestersfonds gemaak. Jan Gelderman, Yolandi Potgieter en Andries Potgieter het die burgemeester en munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee besoek. Foto: Nickey le Roux
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'