MOSSELBAAI NUUS - Vir vandag, Dinsdag 5 Maart, het die Suid-Afrikaanse Weerburo ‘n 80% kans op reën in die omgewing met ‘n humiditeit van 80% voorspel. Die verwagte reënval is 15mm.
Die temperatuur sal wissel tussen 16° tot 21°. Die wind bereik 28km/h en sal wes-suid-wes waai.
Woensdag, 6 Maart, sal die temperatuur dieselfde bly tussen 16°C en 21°C. Die reënweer is vir eers verby en die wind sal afneem tot ongeveer 9km/h vanuit die ooste. Die humiditeit bly egter hoog op 80%.
Die afgelope week het die watervlakke van twee damme van die Mosselbaai-streek dieselfde gebly. Die Ernest Robertsondam en die Hartbeeskuildam is onveranderd op 97,81% en 81,52% onderskeidelik.
Die Klipheuweldam en die Wolwedansdam het effens teruggesak.
Die twee belangrikste damme vir water in die Mosselbaai-streek, die Wolwedansdam en Ernest Robertson, se vlakke in ooreenstemming met verlede jaar, was beide verlede jaar dieselfde tyd meer as 100% vol.
Verlede week se vlakke was:
- Hartbeeskuildam – 81,52%
- Klipheuweldam – 39,35%
- Ernest Robertsondam - 97,81%
- Wolwedansdam – 93,06%
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’