MOSSELBAAI NUUS - Tydens die maandelikse munisipale raadsvergadering op Donderdag, 29 November is die aanbeveling goedgekeur dat die raad vanaf 6 Desember tot 7 Januarie in reses sal wees.
In hierdie tydperk sal die uitvoerende burgemeester en munisipale bestuurder ingevolge gedelegeerde magte binne die raamwerk van die Grondwet asook die reg besluite in belang van die munisipaliteit neem.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'