MOSSELBAAI NUUS - Die jaarlikse Vaatjie gholfdag, aangebied deur Laerskool Hartenbos het op Vrydag, 24 November by Pinnacle Point Golflandgoed plaasgevind.
Die gholfkompetisie is ‘n jaarlikste instelling waar die skole in die omtrek teen mekaar speel.
Hierdie jaar het Laerskool Park, Milkwood Primêre Skool, Laerskool Hartenbos en Hoërskool Punt deelgeneem.
Die algehele wenners van die Vaatjie dag was Hoërskool Punt.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’