Update Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO'S - Hartenbos-bejaardesorg was Vrydagoggend, 23 Augustus die gasheer vir 'n sportdag vir senior burgers.
Dit het om 09:00 afgeskop en senior burgers van verskeie sorgsentrums in die groter Mosselbaai het in die NG Kerk Hartenbos se saal byeengekom vir al die opwindig.
'n Totaal van 18 spanne en ongeveer 150 bejaardes het aan die geleentheid deelgeneem.
Die wenners van die dag was die span van Hartenrus-versorgingsoord, tweede was Hartenbos-jukskeiklub, derde die Knokkelknieë-span en vierde Ruiterbos-bejaardeklub.
Fotograaf Grey Stopforth was by die byeenkoms om die pret op film vas te lê.
Kyk video's hieronder:
Die span van Hartenrus-versorgingsoord was die wenners van die dag.
Hier is 'n span van Hartenbos-versorgingsoord by die vingerbord-item.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'